Olive Tree Christian Bookshop
Aksie-Bybel
Aksie-Bybel
Couldn't load pickup availability
Product Description
Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.
Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ʼn volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.
Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.
Hierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie!
Product Information
Category : Kinders
SKU : 9781431615995
Author : Doug Mauss
Language : Afrikaans
Size : 264 mm x 174 mm x 45 mm
Page Count : 752
Format : Hardcover
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy



